Carl von Clausewitz

Carl von Clausewitz
Carl von Clausewitz

Geboortedatum 1 Junie 1780
Geboorteplek Burg bei Magdeburg, Pruise (nou Sakse-Anhalt, Duitsland)
Sterfdatum 16 November 1831 (op 51)
Sterfplek Breslau, Pruise (nou Wrocław, Pole)
Lojaliteit Koninkryk Pruise
Vlag van Russiese Ryk Rusland (1812–1813)
Diens/Tak Pruisiese Kavallerie
Jare in diens 1792–1831
Rang Majoor-generaal
Eenheid Russies-Duitse Legion (III Korps)
Poste beklee Kriegsakademie
Veldslae/oorloë Franse Rewolusionêre Oorloë
  • Beleg van Mainz

Napoleontiese Oorloë

  • Slag van Jena–Auerstedt
  • Slag van Borodino
  • Slag van Ligny
  • Slag van Wavre

Carl Philipp Gottfried (of Gottlieb) von Clausewitz (1 Junie 178016 November 1831) was 'n Pruisiese generaal en militêre teoretikus wat die "moraal" (in moderne terme die sielkundige aspek daarvan) en politieke aspekte van oorlog ondersoek. Sy mees noemenswaardige werk, Vom Kriege ("Oor oorlog"), was onvoltooid by sy dood.

Clausewitz se denke word dikwels as Hegelies beskryf as gevolg van sy dialektiese metode; maar hoewel hy waarskynlik persoonlik vertroud was met Hegel, bly daar debat oor of Clausewitz werklik deur hom beïnvloed is. Hy beklemtoon die dialektiese interaksie van diverse faktore, en let op hoe onverwagte ontwikkelinge onder die "mis van die oorlog" (d.w.s. in die gesig van onvolledige, twyfelagtige en dikwels heeltemal foutiewe inligting en hoë vlakke van vrees, twyfel en opwinding) vinnige besluite deur wakker bevelvoerders noodsaak. Hy het die geskiedenis gesien as 'n noodsaaklike oorsig op geletterde abstrasksies wat nie ooreenstem met ondervinding nie. In teenstelling met die vroeë werk van Antoine-Henri Jomini, het hy aangevoer dat oorlog nie gekwantifiseer of verminder kan word na kaartwerk, meetkunde en grafieke nie. Clausewitz het baie aforismes geformuleer, waarvan die bekendste is: "Oorlog is die voortsetting van die politiek op 'n ander manier."


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search